Kay-Lee is dood nadat sy Desember verlede jaar 'n ballon ingesluk terwyl sy gehardloop het.
Die tragedie het die Prins-gesin en gemeenskap geruk, veral omdat dit 'n paar dae voor Kersfees gebeur het.
Die diens is ook bygewoon deur Hoërskool Albertinia se laerskoolkoor wat 'n loflied gesing het, verskeie lede van 'n bekende radiostasie en past Piet Gunguluza wat 'n boodskap van hoop en vertroue gebring het.
Hy het klem daarop gelê dat ons hulp van die Here kom en net Hy ons kan dra wanneer dit baie moeilik gaan.
Prins het almal bedank wat daar was en gesê dat hoewel die hartseer en verlange na Kay-Lee altyd daar sal wees, die wete dat sy veilig in Jesus se hande is en dat hulle haar weer eendag gaan sien, hul as gesin die nodige krag gee om elke dag voluit te leef, het hy gesê.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

Hoërskool Albertinia se laerskoolkoor. Foto: Theresia van Rensburg
ARTIKEL: THERESIA VAN RENSBURG, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'