Dit spruit voort nadat verlede week berig is dat die dorp geskitter het in hul afwesigheid tydens 'n kwartaallikse burgemeester uitreik vergade-ring. Die bestuur van die sakekamer is van mening dat hierdie gebrek aan belangstelling uiters kommerwekkend is en dat die verkeerde indruk geskep word dat die publiek tevrede is met dit wat deur die raad gedoen word.
Archie van Dyke, voorsitter noem dat daar wel afgevaardigdes van die sakekamer na die onderskeie byeenkomste gestuur is, maar is dit onmoontlik om griewe, vrae, asook voorstelle van die publiek deur te gee indien hulle nie vooraf daaroor ingelig word nie.
Terugvoering wat reeds ontvang is het alle verwagtinge oortref en wat wel soos 'n paal bo water uitstaan, is die negatiwiteit van die inligting wat tot dusver is. "Indien die owerhede werklik ernstig is met sulke uitreike voel ons dat nou die tyd is om die saak aan te spreek".
Om die saak deeglik te ondersoek word soveel moontlik insette vanuit alle sfere van die gemeenskap benodig. Skriftelike terugvoering kan gestuur word aan admin@stilbaaibusiness.co.za. Alle insette sal gebruik word.
*IN SHORT
During the recent Mayoral Outreach meeting in Stilbaai, only thirteen public members attended. This lack of interest in local issues is very disturbing for the management of the Stilbaai Chamber of Commerce (SCOC) and creates the impression that the public is satisfied with municipal matters. Residents are invited to supply the SCOC with their reasons for the lack of interest. The SCOC wants to find a workable solution to this problem. To submit your comment and reasons via an E-mail to admin @stilbaaibusiness.co.za.
Klik hier vir 'n verwante nuusflits.

ARTIKEL: LOUISE MOUTON, SUID-KAAP FORUM-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'