Carelse dien nou saam met die uitvoerende burgemeester, rdl. Emor Nel (DA) en rdle. dr. Joan Prins (DA), Julian Merkeur (uitvoerende onder-burgemeester, COPE) en Charles Prins (DA).
Die burgemeester het in 'n navraag van Suid-Kaap FORUM genoem dat die ooreenkoms met die Civic Independent party het bepaal dat die party 'n posisie op die UBK toegeken word.
Nel het verder genoem dat Carelse die afgelope 12 maande duidelik sy samewerking met die DA/COPE komponent van die raad bewys het.
Die Uitvoerende Burgemeesters Komitee (UBK) van die Hessequa raad is van links dr. rdl. Joan Prins (DA), rdl. Charles Prins (DA), rdl. Emor Nel (DA) (uitvoerende burgemeester, Hessequa), rdl. Julian Merkeur (COPE) (uitvoerende onder-burgemeester) en rdl. Fred Carelse (Civic Independant). Foto: verskaf.