HEIDELBERG NUUS - Met die dreigende krisis van afleggings van onderwysers in die Wes-Kaap, het opvoeders van De Waalville Primêr in Heidelberg besluit om hul misnoeë teen die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) Dinsdagoggend, 1 Oktober, te wys.
Die vreedsame betoging met plakkate was vanaf 07:00 tot 07:30 op die hoek van Geldenhuys- en Stewartstraat, knap voor die skoolhekke.
As die beplande aflegging voortgaan sal De Waalville, Kairos Senior Sekondêr en Slangrivier Primêr elk twee opvoeders verloor.
Wat egter kommerwekkend is, is dat 2 407 opvoeders regoor die provinsie onder die valbyl deurloop, maar na bewering is daar geeneen van die voorheen Model-C skole wat afleggings in die gesig staar nie.
Die WKOD is om kommentaar genader, maar tot op hede is daar nog geen terugvoering ontvang nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’