Video
HEIDELBERG NUUS - Die plaaslike polisie, asook die Departement van Justisie, het vanoggend onder die vergrootglas gekom toe nagenoeg 50 ontevrede inwoners van Heidelberg, Slangrivier en omliggende plase op hulle toegesak het.
Daar word bewerings van bedrog en korrupsie teen beide staatsdepartemente gemaak.
Die plaaslike polisie, munisipale beskermingsdienste, asook Openbare Orde Polisiëring, was teenwoordig tydens die protesbetoging buite die polisiestasie.
’n Petisielys is uiteindelik aan verteenwoordigers van beide departemente oorhandig.
Video: Clive Pretorius
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’