STILBAAI NUUS - Solidariteit Helpende Hand het Dinsdag, 6 Julie “Ons Winkel” ook in Stilbaai geopen.
Die winkel is in Perdekuillaan, oorkant Vodacom geleë.
Die winkel maak absoluut op skenkings vanuit die gemeenskap staat en meubels, linne, klere, kombuisware, elektriese toebehore, hangers en enigiets wat in jou pad is, is welkom.
As jy dit nie self kan gaan afgee nie, skakel hulle (083 704 9917) sodat hulle kan reël om dit te gaan haal.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'