STILBAAI NUUS - "Ons bly baie lekker in ons eie huise" sê Susara Jacobs en Katriena Baartman.
Met Suid-Kaap Forum se besoek was Susara, wat verder op in die straat woon, juis by Katriena om gou 'n ui te leen vir haar kos omdat sy eers later dorp toe gaan.
Hulle was van die eerste mense wat baat gevind het by die nuwe huise wat opgerig word.
Wanneer jy deur die gebied ry kan jy op die gawe mense se gesigte sien dat hulle baie trots is op hulle wonings.
Heelwat van die huise het pragtige voortuine en daar word regtig moeite gedoen om hulle huise en tuine mooi te maak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’