RIVERSDAL NUUS - ’n Amptelike geregtelike nadoodse ondersoek na die verkragting en moord van Marika Jansen (12) in 2005 het Donderdag 23 Mei in Riversdal-landdroshof begin.
Die Direktoraat van Openbare Vervolging het die ondersoek gelas.
Marika het op Saterdag 1 Oktober 2005 van die huis op ’n plaas buite Riversdal, waar sy saam met haar pa en suster gewoon het, vermis geraak.
Haar naakte liggaam is op Vrydag 7 Oktober in ’n kloof sowat 2 km daarvandaan gevind.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'