Gallery
RIVERSDAL NUUS - Oakdalers se liefde vir vee kom diep uit die hart. Hulle het weereens kans gekry om hul kennis oor vee ten toon te stel by die jaarlikse Riversdal-landbouskou.
Daar word verwys na sogenaamde goeie stockmanship wat as een van die waardevolle kenmerke van ’n goeie veeboer bestempel word.
Die Oakdalers het hulle slag gewys in 11 verskillende klasse: Angoras, vleisbeeste, suiwelbeeste, vleisskape, wolskape en kulinêre kuns.
Die Oakdalers verwerf nege eerste-, 10 tweede-, ses derde-, agt vierde- en nege vyfde-plekke. Met ’n totaal van ’n moontlike 52 wenplekke spog die Bulle met 42.
In die arena het die Oakdalers ook hulle slag gewys. Christiaan Theunissen was kampioen in die volgende klasse: Saalperd 5-gang Plesierperd; Saalperd 5-gang Kinderryperd en SA Boerperd Tradisionele Enkeltuigperd.
Lorenco Crous is as die Beste Drawwer Ruiter Kampioen onder 14 jaar; Reserwe Kampioen Tradisionele Driegang en Kampioen Vertoonperd Kinderruiter onder 15 jaar aangewys.
Oakdale Suiwelbees Senior: Schutte Muller (eerste).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'