RIVERSDAL NUUS - Hoër Landbouskool Oakdale se matriekklas van 2023 spog met ‘n 100%-slaagsyfer, waarvan 96,1% matrikulasievrystelling verwerf het. Die graadgemiddelde is 65,3%.
Die toppresteerder is Schalk Meintjies - met ‘n slaagsyfer van 88,7% en agt onderskeidings.
Hy word gevolg deur Lukas Olivier (87% en sewe onderskeidings), Theo Nel (85,42% en ses onderskeidings) en Zandré Conradie (80,23% en drie onderskeidings).
Die skool se ander leerders het goed gevaar en die volgende simbole behaal.
A - 4 leerders
B – 15 leerders
C – 36 leerders
D – 22 leerders
Die skoolhoof, Willem du Buisson, sê in die skool se Facebook-inskrywing: “Oakdale se Bulle verstaan wat dit beteken om hard te werk en vas te byt in moeilike tye. Oakdalers hou nie op as ons moeg is nie; ons hou op wanneer ons klaar is!”
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’