ESKOM EXPO: Me. Leana Robinson is as die nuwe RSFD (Regional Science Fair Director) van die Eskom-ekspo vir jong wetenskaplikes in die Eden-distrik aangestel.
Die ekspo wil jong wetenskaplikes en navorsers inspireer om hul kennis in wetenskap, tegnologie en wiskunde met ander te deel.
Leerders kry die geleentheid om met unieke oplossings vir huidige uitdagings in hul omgewing vorendag te kom of om die wetenskap agter hul stokperdjies te ondersoek.
Dié kompetisie is die enigste in Suid Afrika waar leerders tussen gr. 7 en gr. 11 in die 13 afdelings wat chemie, energiebesparing, fisika, landbou, plantkunde en so meer insluit, ingeskryf kan word.
Hulle staan 'n kans om vir die internasionale wetenskapuitstalling gedurende Oktober in Johannesburg gekies te word en kan ook vir ander oorsese uitstallings identifiseer word.
Robinson is baie opgewonde dat die Hessequa-streek as 'n nuwe ontwikkelingsgebied gesien word.
Leerders is welkom om saam met hul onderwysers op 17 Februarie die eerste werksessie by te woon. Dit sal van 15:00 tot 18:00 by die Thusong-sentrum op Riversdal aangebied word.
Inskrywingsvorms sal na die verskillende skole gestuur word.
Die tweede werksessie is op 23 April en die distriks-ekspo sal op 15 Mei plaasvind. Die streek-ekspo word op 4 en 5 Augustus in George gehou.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'