RIVERSDAL NUUS - ’n Nuwe hoofstuk in die geskiedenis van Hoër Landbouskool Oakdale breek in Januarie 2027 aan met die aanstelling van Malem van Heerden as die skool se nuwe adjunkhoof.
Van Heerden, tans skoolhoof van HTS Middelburg, sal met ingang van Januarie 2027 as waarnemende skoolhoof van Oakdale optree, terwyl Kobus van Wyk die pos van waarnemende adjunkhoof sal beklee.
Volgens Oakdale sal Van Heerden se aanstelling ’n waardevolle bydrae tot die skool se verdere groei, tradisies en toekoms lewer.
Die skool het sy opgewondenheid oor die nuwe aanstelling uitgespreek en beklemtoon dat leierskap nie bloot oor ’n posisie gaan nie, maar oor die vermoë om ander te inspireer, rigting te gee en saam aan ’n groter droom te bou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’