HEIDELBERG NUUS - ’n 47-jarige plaaslike man het Maandag 16 November vlugtig in die plaaslike landdroshof op aanklagte van aanranding en die rig van ’n vuurwapen verskyn.
Die aanklagte spruit uit ’n voorval op Maandag 9 November waartydens die beskuldigde, Dawid Diedericks, na bewering ’n 14-jarige seun aangerand en ’n windbuks op hom gerig het.
Die saak is tot Maandag 18 Januarie 2027 vir verdere ondersoek uitgestel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’