STILBAAI NUUS - Die NSRI se Stasie 31 in Stilbaai het 'n bedrywige vakansieseisoen agter die rug.
Sleutelsuksesse en statistiek van 2023 sluit 30 operasies in waarin twee lewens gered is, 23 swemmers is bygestaan, drie bote is ingesleep hawe toe, sewe bote is bygestaan op see en twee diere in nood is ook gehelp.
Die NSRI het ook 40 opleidingsoefeninge gedurende die jaar gehou. Opleiding geskied elke Donderdag en dan ook maandeliks op 'n Saterdag waartydens spesifieke reddingscenario's ingeoefen word.
Hulle het ook waterveiligheid- en reddingsprosedures aangebied vir jeuggroepe met die hoop om jong mense te inspireer om by die NSRI aan te sluit.
Tans het Stasie 31 dertig vrywilligers wat bestaan uit gekwalifiseerde lede sowel as bemanningslede wat tans opleiding ondergaan.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’