STILBAAI NUUS - Almal op dié kusdorp is dit eens dat NSRI Stasie 31 'n onontbeerlike diens aan die gemeenskap en omgewing lewer.
Die puik opgeleide vrywilligers is dag en nag gereed om hetsy op see of land hulp in noodsituasies te verleen.
Maar dis juis hierdie dubbele rol wat die NSRI se primêre taak van seeredding in gevaar begin stel omdat dit onhanteerbaar raak in terme van tyd en mannekrag.
Dit het Arrie Combrinck, bevelvoerder van Stilbaai NSRI, genoop om 'n beroep op inwoners te doen om na vore te kom vir opleiding in eerstehulp.
Die oogmerk is om 'n parallelle organisasie te skep wat op die lewering van vrywillige eerstehulpdienste kan fokus en so die amptelike nooddiensverskaffers en ander betrokkenes ondersteun.
Die NSRI sal met opleiding en toerusting help om die organisasie op die been te bring.
Belangstellendes kan Combrinck by 083 454 6945 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'