STILBAAI NUUS - NSRI se stasie 31 op Stilbaai het Saterdag 29 Mei 'n seereddingsoefening gehou waartydens hulle 'n boot wat omgeslaan het te hulp gesnel het.
Die persoon wat in die water beland het is opgespoor en aan wal gebring waarna hy mediese hulp ontvang het.
Volgens Jean Du Plessis, stasiebevelvoerder van stasie 31 hou hulle op gereelde grondslag sulke oefeninge om seker te maak dat hulle gereed is vir enige gebeurlikheid.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'