Voor die vakansieseisoen het die NSRI berig dat die twee spesiale noodkissies op Jongensfontein beskadig is en die inhoud ook verwyder is.
Rico Menezies, stasiebevelvoerder van die plaaslike NSRI noem dat hy ongelukkig nie meer die kissies uit sy eie sak kan herstel en vul nie aangesien dit elke keer ongeveer R800 beloop.
Hulle hoop nou dat 'n weldoener moontlik 'n donasie aan die stasie sal kan gee om al drie kissies te herstel en weer te vul met die nodige mediese benodighede.

'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'