STILBAAI NUUS - Die Servanthood Riders MCC gaan Saterdag 10 Oktober die pad met ’n doel vat wanneer hulle hul Nappy Run ten bate van Huis Stilbaai aanpak.
Die motorfietsryers wil met dié liefdadigheidsinisiatief inwoners aanmoedig om doeke vir volwassenes te skenk en só ’n verskil in die lewe van die inwoners van Huis Stilbaai te maak.
Die groep vertrek om 10:30 by Die Boot langs die N2 by die Stilbaai-afdraai, en sal na verwagting om 11:00 by Huis Stilbaai aankom.
Lede van die gemeenskap word genooi om pakke doeke te skenk en die motorfietsryers in hul poging te ondersteun.
Die Servanthood Riders MCC se leuse, “Geloof, diens en respek”, vorm die kern van die uitreik.
Met die Nappy Run wil hulle nie net in ’n behoefte help voorsien nie, maar ook ondersteuning aan Huis Stilbaai bied.
Navrae: Corrie van der Westhuysen by 082 419 1770.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’