SWELLENDAM NUUS - 'n Noodlottige ongeluk op die N2 sowat 4 km buite die dorp in die rigting van Heidelberg het Maandag die lewe van 'n jong man geëis.
'n Vragmotor en 'n bakkie het omstreeks 12:30 reg van voor gebots en die 26-jarige bestuurder van die bakkie is oorlede. Hy was alleen in die voertuig met 'n Riversdal-registrasienommer. Sy identiteit is nog onbekend.
Die vragmotor-bestuurder, wat ook alleen in die voertuig was, is ongedeerd. Die pad was tydelik gesluit terwyl die bakkie met meganiese toerusting onder die vragmotor uitgehaal moes word.
Die pad is na 16:00 vir eenrigtingverkeer oopgestel en is met 'n stop-ry-beheerpunt gereguleer. Dit is nie seker wat die botsing veroorsaak het nie.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'