STILBAAI NUUS - Jagersbosch Gemeenskapsorg in Stilbaai bied Dinsdag 10 Junie 'n baie interessante praatjie oor die oudag aan.
Dit gaan gehou word by Die Waenhuis by Jagersbosch en begin 10-uur.
Professor Chris Venter gaan praat oor 'n sinvolle en vreugdevolle oudag en dit is mos maar wat almal begeer.
Baie mense sien uit na die oudag se rus en vrede en doen wat jy wil dae, maar vir baie is dit 'n bekommernis, want dit is 'n vreemde wêreld.
Bespreek vroegtydig jou sitplek deur Jagersbosch te skakel by 028 754 1934, want daar is beperkte sitplek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’