Gallery Video
HESSEQUA NUUSFLITS EN VIDEO - Goedkeuring is van CapeNature verkry vir die ontwikkeling van ‘n uiters noodsaaklike rehabilitasiesentrum en toegvlugsoord vir inheemse wild in die Wes-Kaap.
Die landgoed, Wild Rescue is halfpad tussen Riversdal en Stilbaai geleë, ‘n geproklameerde natuurreservaat wat grens aan die Goukourivier.
Verskeie ekosones en bedreigde plante word hier aangetref. Hierdie toevlugsoordfasiliteit is oop vir die publiek en veral akademici en nagraadse studente word verwelkom.
Wild Rescue is gestig om inheemse wild te behandel en dan vry te laat, asook om ‘n veilige en gelukkige hawe te skep vir diere wat kwesbaar is en nie weer in die wild vrygelaat kan word nie.
Tans bestaan daar geen fasiliteit wat voorsiening maak vir so ‘n groot verskeidenheid van spesies, insluitend primate en klein roofdiere nie.
Die stigter, Gill Simpson gee die versekering aan boere dat diere soos rooikatte, jakkalse, bobbejane en apies nie in hierdie omgewing vrygelaat word nie.
Wild Rescue is ‘n nie-winsgewende organisasie en openbare welwillendheidsorganisasie met Artikel 18a belastingvrystelling goedkeuring.
Kyk 'n video hieronder.
Wild Rescue main homestead for staff and volunteers.
Vir meer inligting en besonderhede besoek www.wildrescue.co.za of kontak Simpson by 028 754 1663 of epos wildrescue@mweb.co.za
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'