RIVERSDAL NUUS - ‘n Misdaadvrye gemeenskap is nie alleen die polisie se verantwoordelikheid nie.
Dit is volgens die Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz.
Hy het Riversdal op Donderdag, 21 Oktober besoek om 'n openbare veiligheidsvergadering met alle veiligheidsforums en belangstellendes in die Hessequa-streek te hou.
“Ouers en volwassenes in jou gemeenskap moet tog die voorbeeld stel in jou vormingsjare. Voldoende onderwysgeriewe met passievolle onderwysers, goeie en beskikbare sportgeriewe en maatskaplike omgewing, gekoppel met werkskepping sal die polisie se taak soveel ligter maak.”
Tydens vraetyd was dit duidelik dat inwoners bekommerd is oor landelike veiligheid, die beskikbaarheid en toestand van polisievoertuie in dié gebiede asook die toestand van grondpaaie in hierdie gebiede.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'