STILBAAI NUUS - Enige besigheid wat musiek in 'n publieke of kommersiële ruimte speel, hetsy deur radio, televisie (soos DSTV), digitale platforms (Spotify, You Tube, ens.) of lewendige optredes, moet wettiglik oor toepaslike musieklisensies beskik.
Hierdie lisensies verseker dat kunstenaars, liedijieskrywers en musikante wie se werk gebruik word, regverdig vergoed word.
Indien jy nie oor die nodige lisensies beskik nie kan jy boetes of regsaksie in die gesig staar en jy stel jouself bloot aan onnodige koste en moontlike reputasieskade.
Rachel Wall, voorsitter van die Stilbaai Besigheidsforum, nooi jou uit om 'n epos te stuur aan stilbaaisake@gmail.com indien jy enige vrae of onsekerhede het en hulle help graag.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’