HESSEQUA NUUS - Hessequa-munisipaliteit het in ’n persverklaring aan Suid-Kaap Forum hul leedwese en skok oor Harold Basson se afsterwe uitgespreek.
Hy was sedert 1 Januarie 2018 die direkteur van tegniese dienste by die munisipaliteit.
“Die bydrae wat mnr. Basson in die munisipaliteit en gemeenskap gelewer het, word baie hoog geag. Sy kennis en ervaring in die Ingenieursbedryf is onlangs beloon toe hy deur SAICE as ‘Fellow of The South African Institution of Civil Engineers’ erken is.”
Die uitvoerende burgemeester, speaker en raad, munisipale bestuurder en direkteure, kollegas, asook die gemeenskap betuig medelye en innige simpatie aan sy eggenoot Lidia en familie.
Sy nagedagtenis word ook in die besonder deur die tegniese dienste personeel geëer.
Lees 'n vorige artikel: Basson se dood ruk tuinroete-gemeenskap
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'