Update Video
STILBAAI NUUS - Verbygaande motoriste op die R305 het Maandagoggend 27 Januarie op 'n motorwrak langs die pad afgekom.
Suid-Kaap Forum was ook op die toneel terwyl vir noodvoertuie gewag is.
Hoewel omstanders vermoed het die ongeluk het pas plaasgevind, het dit egter aan die lig gekom dat dit reeds Sondagnag 26 Januarie gebeur het.
Volgens kapt. Johan van Tonder, stasiebevelvoerder Stilbaai-polisie, was Ryno Williams (35) van Melkhoutfontein op pad vanaf Albertinia rigting Stilbaai op die R305: "Net voor Skerpkoppies het hy beheer oor sy voertuig verloor en van die pad af gery. Hy het veelvuldige beserings aan sy bors opgedoen.
Geen kriminele saak word tans ondersoek nie."
Volgens Nadia Ferreira van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement is Williams steeds in George-hospitaal.
Kyk 'n video hieronder:
Lees vorige artikels:
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'