Update
STILBAAI NUUS - Verbygaande motoriste op die R305, Stilbaai-pad wat vanoggend (Maandag 27 Januarie) op ‘n motorwrak afgekom het, het vermoed dat dit dieselfde oggend plaasgevind het omdat die bestuurder nog in die voertuig vasgekeer was.
Volgens Stilbaai-polisie het die 35-jarige Ryno Williams van Melkhoutfontein reeds gisteraand naby Skerpkoppies beheer oor sy motor verloor en van die pad af gery.
Hy is met veelvuldige borsbeserings hospitaal toe geneem.
Lees 'n vorige artikel: Man beseer toe voertuig rol
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'