STILBAAI NUUS - Helpende Hand se Wes-Kaapse motorfietsklub het Saterdag 21 Oktober ‘n Nappy Run gedoen en volwasse doeke aan Huis Stilbaai geskenk.
Die gure weer het hulle gedwing om die motorfietse by die huis te los, maar hulle het steeds die doeke afgelewer en heerlik saam met die inwoners gekuier en middagete geëet.
Hessequa-munisipaliteit se onderburgemeester, Thinus van den Berg en sy vrou Elmich, het wel met hulle motorfiets die stoet ingewag en begelei.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’