HEIDELBERG NUUS - Die hoë gesondheidsrisiko's verbonde aan rommel-strooiery blyk nie inwoners af te skrik om hul vullis rond te strooi nie.
Personeel van die E-sentrum in Diepkloof, Heidelberg is al raadop omdat morsjorse die perseel week na week met rommel besaai.
Volgens hulle is dit duidelik dat die meeste rommel vanaf 'n nabygeleë spazawinkel afkomstig is.
Op Suid-Kaap Forum se korrespondent, Clive Pretorius se navraag, het die winkeleienaar ontken dat dit hul vullis is.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'