Update
HEIDELBERG NUUSFLITS - Die saak teen die oud-polisielid, Virgil Pretorius van Slangrivier wat van moord op Candice Alberts beskuldig word, is Maandag 7 Augustus weer uitgestel.
Die saak sal op 15 September weer voorkom wanneer die DNA-verslag bekend is.
Pretorius bly in aanhouding. Net soos met sy vorige hofverskynings was daar weer ’n groot opkoms vanuit die Heidelberg en Slangrivier gemeenskappe.
Nagenoeg 120 mense, waaronder Dennis Joseph, DA LPP vir Hessequa en Denise Robinson, DA LP en skaduminister vir vroue en kindersake, het van vroegoggend buite die hof saamgedrom.
Die slagoffer se ouers, past. Tommy en sy vrou, Cathy Alberts, asook Pretorius se ma, Dina en sy suster het weer die hofverrigtinge bygewoon.
’n Fakkel is deur Alberts se ma as herdenking vir Vrouemaand aangesteek.
Cathy Alberts, ma van die slagoffer steek ‘n fakkel voor die hof aan.
Lees vorige artikels:
• Moordeverdagte weer in hof
• Moordebeskuldigde se borg geweier
• Vrou se lyk gevind: Borgaansoek uitgestel
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'