Update
SLANGRIVIER NUUS - Die moordverdagte wat aangekla word van die moord op van ‘n middeljarige man van Slangrivier, het weer Dinsdag 11 Julie in die plaaslike landdroshof verskyn.
Courtney Esau (29) wat na bewering vir Jonathan ‘Petolie’ Patel (54), wat glo vanaf familielede op pad huis toe was, noodlottig met ‘n onbekende voorwerp aangerand en doodgesteek het, het weer vlugtig verskyn.
Die voorval het in die vroeër oggendure van Saterdag 25 Maart plaasgevind.
Die saak is tot 21 Augustus vir borgtogaansoek uitgestel. Hy bly in aanhouding.
Vorige artikels:
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’