HESSEQUA NUUS - Die verdagte wat aangekla word van die moord op 'n middeljarige man van Slangrivier, het Maandag 3 Julie in die plaaslike landdroshof verskyn.
Courtney Esau (29) het na bewering vir Jonathan “Petolie” Patel (54), wat glo op pad huis toe was na hy by familie was, noodlottig met ‘n onbekende voorwerp aangerand en doodgesteek.
Die voorval het in die vroeë oggendure op Saterdag 25 Maart gebeur.
Die saak is tot Dinsdag 11 Julie vir borgtogaansoek uitgestel.
Esau bly in aanhouding.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’