STILBAAI NUUS - Inwoners van Stilbaai, Jongensfontein, Melkhoutfontein en die omgewing is rondom misdaad en statistieke van misdaad die afgelope jaar ingelig tydens die GPF (gemeenskapspolisiëringsforum) se algemene jaarvergadering.
Die vergadering is op 13 November in die gemeenskapsaal gehou.
Kapt. Johan van Tonder, stasiebevelvoerder: Stilbaai-polisie het ook aan inwoners verduidelik hoe belangrik ’n gesonde vennootskap tussen die polisie, GPF, buurtwag, sub-forum en plaaswag is.
Rudy Booysen, hoof van Absa se bedrogafdeling in Port Elizabeth het inligting ter voorkomig en bekamping van internet bankbedrog en slenters gelewer Justin Lottring, adjunk-direkteur: gemeenskapsveiligheid het die belangrikheid van ’n goed gestruktureerde GPF en hul doelwitte bespreek.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'