STILBAAI NUUS - Die Suid-Afrikaanse Biblioteek vir Blindes het in 2023 hande gevat met Stilbaai biblioteek en die mini-biblioteek daar gevestig.
Dit behels dat 'n siggestremde persoon kan registreer deur die biblioteek en indien goedgekeur 'n elektroniese toestel ontvang om by die huis te kan lees.
Gratis Braille en oudio-boeke, wat soos gewone biblioteekboeke hanteer word, word dan deur die biblioteek verskaf.
Die boeke is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Biblioteek vir Blindes se webblad en kan selfs ook gratis aan lede gestuur word per pos.
Hierdie diens open die wêreld van literatuur vir siggestremde en blinde persone.
Belangstellendes kan gerus 'n draai maak by Stilbaai se biblioteek.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’