HEIDELBERG NUUS - Die middedorp van Heidelberg is Saterdagmiddag, 28 Februarie, tot stilstand geruk toe 'n middeljarige man ineengestort en op die toneel deur paramedici dood verklaar is.
Volgens sers. Keeno Fredericks, plaaslike mediabeampte, het die dienssentrum om 13:23 'n oproep ontvang dat 'n man langs 'n bekende winkel in die dorp ineengesak het.
Die beampte aan diens het onmiddellik die ambulansdienste in kennis gestel.
Fredericks het benadruk dat die mediese personeel op die toneel bevestig het dat die oorledene aan natuurlike oorsake dood is. 'n Dossier vir 'n nadoodse ondersoek sal nie geopen word nie.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’