RIVERSDAL NUUS - “'n Windbukskoeëlwond kan ook vir mense noodlottig wees,” waarsku die mediese praktisyn, Werner Kapp.
Die kommer oor 'n vermeende inwoner wat diere met 'n windbuks tussen Lang- en Kerkstraat teiken, kring verder uit.
Kapp wys uit dat die trefkrag van hedendaagse windbukse baie kragtiger is as destyds.
'n Windbukskoeël kán reuse-skade berokken en selfs noodlottig wees, afhangende van waar dit die liggaam tref.
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'