RIVERSDAL NUUS - 'n 100% slaagsyfer is enige skoolhoof se droom vir sy matriekklas.
Die Hoër Landbouskool Oakdale op Riversdal se 2020-matriekklas spog nie net met 'n 100% slaagsyfer nie, maar ook met 12 A-gemiddelde kandidate.
Vir die skoolhoof, André Latsky is hierdie prestasie voorwaar 'n klop op die skouer werd.
Latsky het met die oorhandiging die studente vir hul besonderse prestasie geprys, waar hulle bykans 100 skooldae gemis het weens die Covid-19-pandemie.
Latsky se matrieks spog ook met 14 B-gemiddeldes en 49 C-gemiddeldes.
Vreugde en opwinding na die matrieksertifikate oorhandig is.
Tien van Hoër Landbouskool Oakdale, Riversdal se 2020-matriekklas wat gemiddelde A-simbole behaal het.
Vorige artikel: 12 Gemiddelde A's vir Hoër Landbouskool Oakdale
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'