Video
ALBERTINIA NUUS EN VIDEO - 'n Massa sterilisasie vir honde en katte wat Maandag, 18 Oktober op Albertinia plaasgevind het, is goed ondersteun.
Meeste van die diere het van Theronsville gekom. Die projek is deur CARS (Community Animal Rescue Society) geïnisieer deur die voorsitter, Sandra Lotz. Dokter Annelize Roos het weereens die sterilisasies behartig.
Volgens Lotz is een mannetjieskat, vier wyfies, 13 reunhonde en 33 tewe gesteriliseer. "Van die tewe was minstens sewe al ver dragtig," het sy gesê.
15 jong honde was teen katgriep en 51 vir hondsdolheid ingeënt. Elke pasiënt (dierekinders) was deur vrywilligers van Albertinia omgesien.
Vrywilligers help om die diere gemaklik te maak.
Lotz bedank almal vir die hulp met die sterilisasies. Sy doen ook 'n beroep op die gemeenskap om hul diere te steriliseer.
"'n Mens moet na jou diere kyk en verhoed dat jy met onnodige kleintjies sit, dan is jou hond of kat ook gesonder en siektes minder. Inenting en sterilisasies is 'n moet en verhoed onnodige swangerskappe," maan sy.
VIDEO: Massa-sterilisasie suksesvol
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'