STILBAAI NUUS - Vir 'n tweede jaar agtereenvolgens is Marijke Kleynhans gekroon as Suid-Afrika se witblits stookkampioen.
Marijke is die eerste vrou wat dit kon vermag en dan boonop twee jaar in 'n ry.
Om alles te kroon is Hanna Johnson, haar regterhand, aangewys as die beste hulpstoker in die land.
Die kampioenskappe is by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou van vier tot ses Julie en Marijke het in 19 van die 31 klasse deelgeneem.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’