Gallery Update Video
RIVERSDAL NUUS - Drie mans in hul 20's het wonderbaarlik aan die dood ontkom toe die bakkie waarin hulle onderweg was, naby die Goukoubrug op die N2 omgeslaan het.
Hulle is net lig beseer toe die bakkie Sondag 26 Januarie omstreeks 18:15 die pad verlaat, omgeslaan en op sy dak skuins teen 'n grondwal beland het.
Volgens die polisie op die toneel het die bestuurder klaarblyklik aan die slaap geraak. Die drie, wie se name nie bekend gemaak is nie, is onderskeidelik van Delft, Khayelitsha en Ravensmead in Kaapstad.
Die insittendes is per ambulans na Riversdal-hospitaal geneem. Hulle is behandel en op dieselfde dag ontslaan. Dit is nie seker waarheen hulle met die bakkie met 'n aluminiumraam agterop en heelwat gereedskap op pad was nie. Geen ander voertuie was in die ongeluk betrokke nie en verkeer is nie ontwrig nie.
Kyk 'n video hieronder:
Reddingspersoneel op die ongelukstoneel naby die Goukoubrug op die N2. Foto: Heinrich Fortuin, korrespondent
Drie mans, drie stewels... Foto’s: Tisha Steyn
Lees 'n vorige artikel: Mans oorleef wonderbaarlik toe bakkie rol
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'