Gallery Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO -Drie mans van Delft in Kaapstad het ter nouernood ontkom toe die bestuurder van die bakkie klaarblyklik aan die slaap geraak en die voertuig die pad verlaat het.
Die voertuig het vroeër vanmiddag naby die Goukoubrug op die N2 omgeslaan en op sy neus teen op die grond tot stilstand gekom.
Die mans is per ambulans na Riversdal-hospitaal geneem. Volgens ’n polisielid op die toneel het die mans oënskynlik nie ernstige beserings opgedoen nie, maar dit kon nog nie bevestig word nie.
Geen ander voertuie was by die ongeluk betrokke nie en die verkeer is nie ontwrig nie.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'