HEIDELBERG NUUS - Daar word na 'n man gesoek na hy vroeër vandag (Sondag 12 Junie) vermoedelik op 'n plaas buite die dorp verdrink het.
Volgens lt.kol. Sipho Dyani, plaaslike stasiebevelvoerder van Heidelberg-polisie is lede, asook ander dienste op die toneel op die plaas Goedehoop besig met die soektog.
Daar word nog op die duikeenheid gewag.
Die vermoede is dat dit nie 'n plaaslike inwoner is nie.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Tuinroete nuus'