ALBERTINIA NUUS - ‘n Man van Albertinia is verlede Vrydagaand in hegtenis geneem vir die besit van dwelms nadat die polisie- en buurtwaglede op 'n wenk gereageer het.
Konst.
Deon Booysen, 'n reservis, en Claude Jordaan, ‘n buurtwaglid, het die verdagte in Theronville in hegtenis geneem ná daar 69 Mandrax-tablette en 'n banksakkie tik in sy besit gevind is.
Die verdagte het reeds op 'n klag van dwelmhandel in die Riversdal-landdroshof te verskyn.
Kapt. Susan Botha, stasiebevelvoerder van die plaaslike polisie in Albertinia, het die polisie en buurtwaglede bedank vir hul vinnige reaksie op die wenk en die arrestasie van die verdagte.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’