SLANGRIVIER NUUS - Dié dorp is vanoggend (Saterdag 6 April) in die vroeë oggendure diep geruk met die nuus dat 'n 22-jarige jongman aan veelvoudige steekwonde gesterf het.
Sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediabeampte, sê die skof aan diens is uitgeroep na 'n toneel in Asla Park, Onderrivier, waar daar oproerigheid was.
Met hul aankoms is die oorledene op die toneel met veelvuldige steekwonde aangetref. Hy is op die toneel deur die ambulanspersoneel dood verklaar.
Hendricks het bevestig dat 'n 16-jarige jongman in hegtenis geneem is.
Die ondersoek duur voort.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’