HESSEQUA NUUS - Nadat Joslyn Jacobs (24) van Albertinia met 'n plank en houtpaal deur haar saamleefman geslaan is, het hy haar tot by die trappies van die huis gesleep.
Kapt. Susan Botha, plaaslike polisiewoordvoerder het bevestig dat die voorval ongeveer 20:00 Saterdag 27 Oktober plaasgevind het.
"Na die bakleiery het hy gesien dat daar iets fout is. Hy het haar natgegooi in 'n poging om haar wakker te kry. Dit is toe dat hy haar tot by die trappies gesleep het. Die man het blykbaar, nadat hy besef het sy is dood, haar oom wat die dag by hulle gekuier het gaan roep en gevra om die polisie te bel.
Die verdagte is gearresteer en is steeds in aanhouding. Hy sal weer Donderdag 1 November in die plaaslike landdroshof verskyn," het Botha gesê.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'