Gallery
RIVERSDAL NUUS - Die bestuurder van 'n grys Volkswagen Jetta is lig beseer toe sy voertuig die pad verlaat en in die veld tot stilstand gekom het.
Die voorval het Sondag, 19 September vroegmiddag op die N2, ongeveer 15 kilometer vanaf Riversdal plaasgevind.
“Die bestuurder het blykbaar 'n blackout gehad, wat veroorsaak het dat hy beheer verloor het oor sy voertuig,“ het ao Hans Busch van Riversdal-polisie gesê.
Foto's: Jetta verlaat pad by N2 Riversdal
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'