ALBERTINIA NUUS - ’n Man en vrou van Albertinia is Sondag 27 Januarie dood nadat hulle in ’n botsing reg van voor betrokke was.
Hul name kan nog nie bekend gemaak word nie.
Dit het omstreeks 18:00 naby die aalwynfabriek gebeur. Slegs twee voertuie was betrokke.
Die pad was teen ongeveer 21:30 weer oop vir verkeer.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'