RIVERSDAL NUUS - 'n 22-jarige vrou is in hegtenis geneem nadat sy haar kêrel Saterdagoggend, 16 April, omstreeks 03:08 met 'n skerp voorwerp aan die linkerkant van sy bors gesteek het.
Die slagoffer, Onke Breakfast (22), is in die hospitaal opgeneem waar hy aan die steekwond beswyk het.
Die verdagte het op Dinsdag 19 April vlugtig in die Riversdal-landdroshof verskyn, waar die saak tot 25 April uitgestel is.
Die verdagte word tans in die Oudtshoorn-gevangenis aangehou.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'