STILBAAI NUUS - Die Blessings & Bargains liefdadigheidswinkel het sy deure op Woensdag 22 Oktober agter die Village Deli oopgemaak en dit alles te danke aan die groot hoeveelheid skenkings van die publiek.
Die winkel ondersteun Huis Stilbaai, NSRI en Stilbaai Animal Protection en hoop om 'n verskil te maak.
Hendrik Visser, voorheen finansiële beampte by Jagersbosch, en Alecia Stoltz, voorheen by Die Sinkhuis van Jagersbosch, staan aan die stuur van sake en hulle is baie opgewonde oor hierdie nuwe inisiatief.
Hulle waardeer alle skenkings en die publiek kan verseker wees dat die geld wat hulle in vir 'n goeie doel aangewend word.
Visser sê dat niks weggegooi sal word nie. Klere wat byvoorbeeld nie verkoop word nie sal geskenk word waar die nood druk.
Die winkel is by Van Riebeeckstraat 7, agter die Chinese winkel, en is elke weeksdag oop van 09:00 tot 16:00 en op 'n Saterdag van 09:00 tot 13:00.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’