HESSEQUA NUUS - Community Animal Rescue Society (Cars) benodig dringend die hulp van vrywilligers om vrywarings- en ontslagvorms tydens ’n massasterilisasie te help voltooi.
Cars beplan om van Maandag 5 tot Vrydag 9 November en weer Maandag 12 tot Vrydag 16 November in Albertinia sterilisasies, inentings en ander behandelings te doen.
Hulle sal weer vanaf Maandag 3 tot Vrydag 7 Desember moontlik in Slangrivier of Heidelberg dieselfde dienste lewer.
Vrywilligers en enigiemand wat donasies in die vorm van verblyf en etes vir veeartse, geld om kostes van ontwurming en ander behandelings te dek, honde- en katkomberse, kos en leibande kan skenk, kan dringend vir Sandra Lotz skakel by 082 962 1831.
Lief vir diere? Cars het jou nodig.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'