HEIDELBERG NUUS - ’n 22-jarige vrou van dié dorp is deur konst. Edward Pieterse op Maandag 21 Mei gearresteer.
Die plaaslike polisie het op ’n leidraad van die gemeenskap gereageer en omstreeks 20:50 op ’n huis toegesak.
Pieterse is deur ses ander lede van die polisie bygestaan en het op 27 plastieksakke vol suiwer dagga beslag gelê.
Die vrou sal vandag, Dinsdag 22 Mei in die hof verskyn.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'